Hierdie week staan die hele wêreld weer stil by versierde bome en geskenke … die hele mensdom! Fisies, of by die begeerte daarna. Dit bly ‘n verstommende gedagte dat daar toe uiteindelik iets is wat die mensdom verenig om ‘n sentrale begrip – die vier van die geboorte van ‘n kind – of mense Hom nou ken of nie, die mensdom vier fees. Daar is soveel instansies wat net mooi nooit sluit nie, behalwe op 25 Desember!! Dis of mens in die gees die geluid kan hoor van ‘n geweldige ratwerk wat kraak … en taan … en uiteindelik stil word … vir een hele dag. En dit gebeur in die meeste lande van die wêreld.

Ons het almal al die boodskap gehoor en selfs oorvertel, dat Jesus die grootste geskenk is wat ons ooit kan ontvang, en veral dat – so lank Jesus nie in ons gebore word nie, die hele vier van Sy geboorte leeg is.

En toe beleef ek nou die dag iets op straat wat my laat besef dat hierdie “grootste geskenk”, naamlik Jesus wat in ons gebore word, ‘n stappie verder gaan wanneer jy hierdie “geskenk” aangee, uitdeel, vir ander in hulle gees “ingee”!!

Ek het loop pos uithaal. Dit was al skemer. Ons posbus is hier straat op naby ‘n klein supermark. Daar was ‘n parkeerplek reg voor ons posbus maar twee swart mans het daar gesit met hulle stuitjies so net-net gehak op die klein walletjie van die sypaadjie. Ek wou hulle nie pla nie en stop toe elders. Met die stap tot by hulle, want hulle was reg voor my posbus, groet ek en hulle reageer met “how are you?” My antwoord: “God Almighty is alive and he blesses me, I am so well thank you.”

Dadelik vra die een man “Ma! Please talk more about this! This is the most beautifull word I have heard in a long time!”

Ek het seker gemaak dat hulle weet van watter God ek praat, die God van Abraham, Isak en Jakob, die Skepper van die heelal. Toe het ek hulle verseker dat, toe Jesus aan die kruis gehang het, hy hulle reeds geken het, dat Hy daar gehang en hulle in gedagte gehad het, dat Hy hulle liefhet en nie Sy oog van hulle wil afhaal nie … en toe seën ek hulle met ‘n gesamentlike kort woord.

Dieselfde man wat netnou gepraat het, praat toe weer – “Ma! please put your hand on my head and bless me again!”

Ek het.

Ek het hulle vertel van Numerie 6:27 – en so het ek Sy Naam op hulle gesit en hulle geseën met die Woord wat Heilige Gees op my hart gelê het. Ook gebid dat Heilige Gees Self die Waarheid van Jesus in hulle harte sal openbaar en hulle sal leer.

Twee vreemde mans in die skemeraand vir wie mens volgens SA standaarde versigtig sou wees – so alleen by ‘n posbus!? Maar Vader het ‘n ander plan gehad en ek jubel in die waarheid van wat daar gebeur het!!

Dit wat jy het … gee dit aan, toe! Vir vriend en vreemdeling!!

Vrede vir jou.

Delf Dieper

Kontak

+27 (0)12 803 3277

+27 (0)12 803 3277

+27 (0)83 292 5663

este@estegeldenhuys.co.za

Ekstra Skakels

Nuusbrief Aansluit