Mat 6:24  Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!

Daar is ‘n laaste gedeelte van die  teksvers uit 1 Joh 2:16 wat mens nie durf mis lees nie. Dit is die gedeelte oor “the pride of life”. Lees dit weer binne konteks: “For all that is in the world – the lust of the flesh [craving for sensual gratification] and the lust of the eyes [greedy longings of the mind] and the pride of life [assurance in one’s own resources or in the stability of earthly things] – these do not come from the Father but are from the world [itself].”      1 Joh 2:16  Amp

Trots is ‘n vreeslike ding. Trots kom mos self reg. Trots het nie hulp of raad nodig nie en daarom kan trots nie ontvang nie. Omdat Trots nie kan ontvang nie, kan trots ook nie gee nie. Uiteindelik het troits geen ander keuse as om “self” te móét regkom nie.

Nou het ek grootgeword in ‘n tyd wat die “grootmense” geglo het ‘n mens moet polisse uitneem en jy moet sorg dat jy vir ‘n instansie werk wat jou elke maand sal kan betaal en jy betaal jou huis en jou kar so vinnig moontlik af. Mens vat nie kanse met geld nie. En hoor mooi – hierdie is baie goeie beginsels! Navolgingswaardig! Die probleem was net dat die basis van die gesindheid van baie van  hierdie “grootmense” was dat jy self moet kan regkom en dat jou sekuriteit in die eerste plek in jou aardse goed lê. Hoor mooi – “assurance in one’s own resources or in the stability of earthly things.”

Kyk hoe kom hierdie ding en trots by mekaar uit! Self regkom.

Ons moet ons Vader, YHWH Jireh as ons bron ontdek en gló dat Hy dit vir ons ís. Ja bestuur jou geld en goed met Goddelike inspraak, maar weet dat Hy vir jou kan gee ver bo wat jy bid of dink.

Die een of dan die Een wat jy as jou bron beskou, word die een, of die Een, op wie jy vertrou. Die oomblik wat jy YHWH Jireh waarlik as jou bron leer vertrou, is wanneer jy kan rus van eie pogings en ‘n morsdood-moeg-geswoeg!

Jy is die appel van Sy oog! Hy ken jou behoeftes selfs beter as wat jy dit ken. Soek Sy aangesig in Sy teenwoordigheid, aanbid Hom en vertrou hom. “Soek eer die Koninkryk van God en al hierdie dinge … “

Oefen dit!

Delf Dieper

Kontak

+27 (0)12 803 3277

+27 (0)12 803 3277

+27 (0)83 292 5663

este@estegeldenhuys.co.za

Ekstra Skakels

Nuusbrief Aansluit