Nadat ek die ervaring gehad waarvan ek verlede week vertel het, dat ek op grond van Jesaja 1:18 ‘n ernstige gesprek met Vader gehad het waarin ek Hom gevra het of dit steeds Sy wil is dat ek mense Israel toe neem, het nog ‘n kosbare openbaring na my toe gekom.

 

Dit is ook so dat ek Hom vir ‘n teken gevra het – dat iemand my asseblief sou bel voor die son daardie dag sak. Dit het gebeur. Maar meer nog – in twee dae het meer mense aangedui dat hulle op die toer wil gaan, as waarvoor daar plek beskikbaar is om saam te gaan. Maar teen Donderdag van dieselfde week het niemand nog die versoek bevestig deur die inbetaal van ‘n deposito nie!! Iemand toer regtig saam wanneer hy ‘n deposito betaal het, en nie wanneer hy die begeerte uitspreek om te gaan nie.

 

Toe wag ek weer op Vader. Ek het Hom gevra – wat nou?

Dadelik het ek in my kop myself die vraag hoor vra wat ek so dikwels vra – “Wanneer het konsepsie met Jesus in Maria plaasgevind?” My antwoord op die vraag is – die oomblik toe sy ge-antwoord het “Laat dit met my wees volgens U wil”.

Vir die eerste keer ooit, het ek in die oomblik toe dit alles in my kop opkom, verder gedink as die oomblik van konsepsie. Ek het besef dat daar nie vir Maria ‘n apteek om die hoek was met die blou-strepie-toets wat sy in die stilligheid in die badkamer kon doen nie. Daar was nie eers ‘n badkamer nie! Ook nie ‘n dokter met ‘n sonar nie. Net ‘n vroedvrou wat sy beslis nie sou besoek nie, want hulle sou haar stenig! Hou in gedagte dat hierdie meisie 13 of hoogstens 15 jaar oud kon gewees het!

Vir die eerste keer het ek besef dat 6 of dalk 9 weke kon verloop het voordat hierdie jong en onervare kind wat met niemand durf praat het nie, besef het dat sy swanger is. Kom ons maak dit 9 weke. ‘n Engel uit die hemel besoek haar! Praat met haar die woeste goed dat sy God se Seun in haar skoot sal dra en Hom sal baar. Die Engel gaan weg en wat gebeur? Niks. Vir 9 weke gebeur daar niks. Dis toe sy besef dat sy swanger is – toe haar liggaam haar dit vertel het, wat sy weggehardloop het na Elizabeth, want God was genadig genoeg om een naam van ‘n mens van vlees vir haar te gee met wie sy minstens kon praat!!! En die baba in Elizabeth se skoot was die eerste een wat, voor sy geboorte reeds, dieselfde getuienis gebring het as die engel uit die hemel!!

En my boodskap met die beseffenis van hierdie hele situasie?

WAG. Sonder ‘n enkele voorstel, of ‘n plan B, of murmirasie of wanhoop … wag met blydskap en lof op my lippe vir die Een wat alles beheer!! En getuig van die goedheid en grootheid van ons Almagtige Vader! Ek het selfs briewe geskryf aan kollegas in Israel wat nie getuig dat hulle glo soos ons glo nie. In hierdie briewe het ek oor alles, getuig wat ek beleef het. Net mooi alles te vertel, teksverse en al. Ek het hulle vertel dat die Almagtige God Self hierdie groep bymekaar sit en dat ek nie kan wag om hulle voor te stel aan die groep mense wat werklik deur God geroep is om saam te gaan nie.

Direk na ek teruggestaan het, het mense begin inbetaal! Daar is nou werklik enkele plekke oop op die toer. Prys Sy Naam. Daar is een God wat leef! YHWH Elohim. El Chay. El Olam.

Delf Dieper

Kontak

+27 (0)12 803 3277

+27 (0)12 803 3277

+27 (0)83 292 5663

este@estegeldenhuys.co.za

Ekstra Skakels

Nuusbrief Aansluit