Aan die einde van hierdie maand, 29 Junie 2013, trou ons dogter en dit is opnuut verstommend hoeveel dinge daar is wat in gereedheid gebring moet word vir die groot geleentheid. Daar duik daagliks klein goetertjies op wat ons skielik besef, ook nog moet aandag kry.
In die dae dink ek nuut oor die teks in Openbaring 19:7 – 8
“Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.”
Nou kan en nie help om die vergelyking deur te trek van die bruilof waarvoor ons familie ons gereed maak en die een waarna die boek Openbaring verwys nie. Verstaan ons wat die voorbereiding behels vir die bruilof van die Lam? Met hoeveel erns is ons daarby betrokke?
Mag ons Vader ons genadig wees en ons help in hierdie belangrikste van alle voorbereidings in ons lewe!