Parakletos  –  Ons TROOSTER

 

Johannes 16:7  Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; 

 

Jesus het gekom en toe het Jesus weer gegaan. Maar Hy het ons nie alleen gelaat nie. 

 

Hy het Parakletos gestuur. Die “Trooster”.

 

Het jy troos nodig vandag?  

Ja mens het troos nodig as jy na iemand of ‘n troeteldier verlang wat dood is. Maar kyk bietjie weg van die voor die hand liggende behoeftes aan troos.

Het jy dalk troos nodig omdat jy teleurgesteld is in jouself. Het jy iets verkeerd hanteer of ‘n stupid belsuit geneem? En nou sit jy in totale onvrede met jouself?

Of het jou lewe êrens vasgehaak … jy kry nie jou M-graad klaar nie, jou bene is te seer om verder voor te berei vir die Comrades, die lewensmaat wat jy so begeer kom net nie op die toneel nie? Of is jy baie, baie lief vir jou kleinkinders maar jy woon so ver van hulle af weg dat jy hulle net een keer in ‘n jaar sien? Of is hulle dalk oorsee en julle sien mekaar so een maal in drie jaar?

Paraklētos

Weet jy, die volle betekenis van die woord is: “Comforter, Counselor, Helper, Advocate, Intercessor, Strengthener” en “Standby”

Nou is dit goed om sulke dinge te hoor en te weet, maar totdat ek die kennis van Wie Parakletos vir my is, nie biddend in my situasie invleg nie, help al die kennis my niks. Het jy dit al ooit oorweeg om as volg te bid:

Tot Hom as intersessor:  Heilige Gees, hierdie ding gooi my. Ek weet nie eers hoe om te bid daaroor nie. In die Naam van Jesus, doen asseblief vir my intersessie by ons Vader. Kan U dit nou doen asseblief?

Tot Hom as advokaat:  Heilige Gees, dankie dat ek weet dat U presies verstaan wat aangaan in hierdie situasie waarin ek vassit. Iets is hier verkeerd en ek het nie die wysheid om te verstaan wat dit is wat reggestel moet word nie. Hier is verskillende opinies en verskillende weergawes van die waarheid – dit loop af op breekpunt – sal U asseblief optree as my advokaat en toesien dat U waarheid hier seëvier, want U alleen ken die waarheid!

As jou Bemoediger:  Heilige Gees! Ek voel so totaal alleen en verlate! Kom vou my asseblief toe met U self. Beskerm my teen my eie gedagtes en my eie emosies. Vul  my met U krag en U liefde en U vrede!

Delf Dieper

Kontak

+27 (0)12 803 3277

+27 (0)12 803 3277

+27 (0)83 292 5663

este@estegeldenhuys.co.za

Ekstra Skakels

Nuusbrief Aansluit