Description
Daar is niks wat verhoudinge vertroebel soos ‘n gesindheid wat nie wil of kan vergewe nie. Mense spreek soms vergifnis met die mond, maar bly dan steeds kwaad. Hoeveel huwelike het al op die rotse geloop omdat maats kwaad en geïrriteerd bly met mekaar.
Met “My huwelik… genoeg gehad” gee Esté Geldenhuys praktiese raad oor ware vergifnis wat in agt stappe aangebied word. Hoewel die huwelik in die titel ingesluit is, geld die boodskap vir elkeen wat nodig het om te vergewe. Vergifnis het net een vrug … dit is versoening.