Israel Toer Plan – Mei 2023
ISRAEL: Mei 2023
Toerleier: Esté Geldenhuys
Waarom Israel? ‘n Mens gaan Israel toe wanneer ons Vader ‘n begeerte daarna in jou hart wakker maak om te gaan. Dis of HY ons voorberei daarvoor. As dit vir jou waar is, reageer op daardie uitnodiging.
En as jy nie die fondse het nie, bid daaroor en vra ons Vader om jou te help en dit vir jou moontlik te maak om te gaan. Daar was al soveel mense saam met my in Israel wat ten volle of gedeeltelik geborg was. By ons Vader is alle dinge moontlik.
Maar onthou dat Israel ‘n moderne land is met mense wat agtergekom het wat die waarde van toerisme is waar dit by besigheid kom. Die sekerste “iets” wat vir jou ‘n geestelike ervaring in Israel kan gee, is die Woord van God! Daarom is dit my begeerte om jou so veel moontlik Woord te deel, in ‘n dokument voor die toer en ook terwyl ons daar is.
En dan is daar die wonder van die wisselende landskap van Israel, die kultuur en gebruike wat net die Woord dieper oopbreek. Kom toer gerus saam, met jou gees wawyd wakker … en mag jy later getuig van die dinge waarin ons Vader jou lewe aangeraak het.
Meer info binnekort beskikbaar. Kontak my asb intussen by este@estegeldenhuys.co.za indien jy dit oorweeg om saam te toer!