U WOORD IS ‘n LAMP VIR MY VOET EN ‘n LIG VIR MY PAD.  

(Ps 119:105)

 

Job 22:27  You will make your prayer to Him, and He will hear you, and you will pay your vows. 

Job 22:28  You shall also decide and decree a thing, and it shall be established for you; and the light [of God’s favor] shall shine upon your ways.

Job 22:29  When they make [you] low, you will say, [There is] a lifting up; and the humble person He lifts up and saves. 

  Amplified Vertaling

 

Selfde tema wat net nog bietjie dieper oopgebreek word! Lees. Luister. Dink en verstaan wat hier gepraat word. Onthou!! Hy hoor almal roep en Hy antwoord nie slegs die wat die pad loop wat ons hier bespreek nie. Die misdadiger aan die kruis se uitroep van een sinnetjie is beantwoord met ‘n ewige belofte van die teenwoordigheid van El Olam – ewiglik by die Ewige God.

 

Hierdie gedagtes, kom ons noem dit instruksie, in Job 22, is ‘n riglyn vir elkeen wat dieper en steeds dieper in verhouding wil staan met die Almagtige.

 

Maar eers weer die vertaling van hierdie paar verse uit my  JPS Hebrew-English Tanakh.

 

Job 22

  1. You will pray to Him, and He will listen to you,

And you will pay your vows.

28 You will decree and it will be fulfilled,

And light will shine upon your affairs

29 When others sink low, you will say it is pride;

For He saves the humble.

 

Met ander woorde, as ek, soos ons besin het oor verse 22 en 23, begeer om naby die Almagtige Elohim te wees en te leef, bereid om Sy Woord te eet en my eie te maak sodat dit my lewe sal verander en ek my rug kan draai op dit wat nie van Hom is nie, en Hom die “Kosbaarste” in my lewe te verklaar, dan sal ek bid en Hy sal luister. En dan word hier spesifieke deurbrake belowe:

 

1. And light will shine upon your affairs

Hoe lees Pa 119:105 – U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad. 

En ook 

 Joh 1:1  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 

 Joh 1:4  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. 

 Joh 1:5  En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. 

 

Jesus is Self Woord en Hy is Lig. Wanneer God ons kosbaarste skat word, vind ons Hom in die eerste plek in die Woord. Hierdie Woord is Jesus en hierdie Woord wat  Jesus is, is ook LIG.

 

Onthou die belofte uit Jesaja:

Isa 45:3  And I will give you the treasures of darkness and hidden riches of secret places, that you may know that it is I, the Lord, the God of Israel, Who calls you by your name. 

 

Om hierdie “treasures of darkness and hidden riches of secret places” te vind, moet jy die regte lig by jou hê (of bereid om Lig te volg) en jy moet bereid wees om te soek!! 

 

Na die mate wat ons met behulp van “Woord en Lig” soek, sal Sy lig skyn op alle fasette van ons lewe.

 

2. You will decree and it will be fulfilled,

So lank ons Woord bid, Woord praat en ons denke laat vernuwe en rig volgens Woord, sal dit wat ons vra, OP GROND VAN HIERDIE WOORD, bepaal word en daarin lê vervulling.

 

3. For He saves the humble

Dis eers wanneer die Woord ons basis word en nie meer ons eie slimmigheid nie, wat ons ware nederigheid begin ervaar. Dit vra dat ons ‘n leerbare gees ontwikkel.

 

Baie van ons bly ook so vaskyk teen goed in ons lewe wat ons anders sou wou gehad het en so lank ons baklei teen hierdie dinge, is daar nie nederigheid nie, maar hoogmoed. Want hoogmoed weet beter, hoogmoed kan! Omdat hoogmoed kán, bly hy voeter om sy eie wil af te dwing op ander en daar is geen vrede in nie en ook geen deurbrake nie.

 

Nederige afhanklikheid. Dit is wat ons moet leer en dit vra vir erkenning van die grootheid van die Almagtige Elohim.

 

Vader dankie dat U vir ons die roete na U hart so duidelik uitspel! Leer my asseblief hoe om daarop te wandel! Ek eer U!

Delf Dieper

Kontak

+27 (0)12 803 3277

+27 (0)12 803 3277

+27 (0)83 292 5663

este@estegeldenhuys.co.za

Ekstra Skakels

Nuusbrief Aansluit