Die Alomteenwoordige God is oral teenwoordig
Die Alomteenwoordige God – El Shammah – is oral teenwoordig! Dit is Wie Hy is! Dit maak nie saak waar jy in die vlees of in die Gees is nie, Hy is daar. Nou gebeur dit dat omstandighede of besluite of ander se handeling of moeilike dinge wat eenvoudig nie draai na oplossings toe nie, ons in ‘n diep en donker plek kan laat beland. As dit vir jou bekend is, onthou hierdie teksvers uit die Amplified vertaling: Psalm 13:3 “ … lighten the eyes [of my faith to behold Your face in the pitchlike darkness], lest I sleep the sleep of death. Amplified Translation Hou jou fokus in die Gees op Hom, El Shammah, loof Hom daarvoor day Hy nooit weggaan nie. Besef dan ook dat jy Hom kan beleef, veral wanneer alles om jou onmoontlik “donker” voel! “To behold His Face” is ons reddingsboei in die lewe. Oë van geloof kán in die donkerste donker sien! Dink aan Hebreërs 11:1 … “ ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” Ons durf nie ons geloof stel in die werklikheid om ons nie, maar slegs in God se waarheid. Die werklikheid is sigbaar, God se waarheid sien ons in die diep donker – daar waar slegs ons verligte oë van die verstand kan sien! Elkeen wat in die Gees Sy gesig kan raaksien, sal nie in die geestelike slaap van die dood ingaan nie. Dankie Vader dat ek dit kan vra – In die Naam van Jesus “ … lighten the eyes [of my faith to behold Your face in the pitchlike darkness …”