Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!                                                Matt 6:22 – 23

Lees hierdie teksvers saam met die tweede gedagte wat genoem word in 1 Joh 2:16 uit die Aplified vertaling:  “and the lust of the eyes [greedy longings of the mind]”

“For all that is in the world – the lust of the flesh [craving for sensual gratification] and the lust of the eyes [greedy longings of the mind] and the pride of life [assurance in one’s own resources or in the stability of earthly things] – these do not come from the Father but are from the world [itself].”                                                                           1 Joh 2:16  Amp

Baie insiggewend dat hier verwys word na “lust of the eyes” en tog direk daarna word dit omskrywe as iets wat in die verstand, of gedagtes teenwoordig is. Kyk ook weer na Yeshua se verwysing in Matt 6 – die oog wat die lamp van die liggaam is en dink oor die konnotasie tussen dit wat die oog sien en dit wat die kop dink, nie waar nie.

Volgende gedagte  – daar is ‘n verskil tussen sien en kyk. Mens sien baie dinge sonder om selfs te registreer wat jy alles sien – iets wat die Santam advertensie op TV illustreer.  Aan die ander kant is daar dinge wat mens sien wat jou aandag trek en jy begin met groter aandag te kyk – sodat jy  ondersoekend begin kyk, daaroor begin dink en vrae vra sodat  jy uiteindelik betrokke raak.

Dit is mos dan die “kyk” van die oog, en nie noodwendig die “sien” nie, wat van die oog die lamp van die liggaam maak. Wanneer ons kyk en aanhou kyk na dinge wat nie in lyn is met die Woord en Elohim se wil vir ons nie, is wanneer ons in duisternis begin inkyk. Wanneer ons in die Woord inkyk met belangstelling, dit is wanneer die lig deur die oog begin inskyn en ons binneste rig op die pad wat die Woord aandui.

“Greedy longings of the mind.”

Hierdie is ‘n woeste wete. Om te dink dat mens se oë iets raaksien, wat jou gedagtes interesseer en jy begin broei daaroor totdat dit ‘n “greedy loning of the mind” word wat die hele koers van jou lewe kan verander. Dink pornografie, buite egtelike verhoudings, daai groter en beter kar, morsdood werk vir die kantoor op die boonste voer … kinders wat seblief die suksesleer moet bly klim want die kinders van die Jones’e langsaan …

‘n Gesonde stuk selfondersoek is nooit verniet nie. Waarna “KYK” ek wat besig is om op ‘n vrot kol af te stuur? Mag Vader ons deur Sy Gees bewaar! Heilge Gees oortuig van sone, geregtigheid en oordeel. vertrou Hom.

Delf Dieper

Kontak

+27 (0)12 803 3277

+27 (0)12 803 3277

+27 (0)83 292 5663

este@estegeldenhuys.co.za

Ekstra Skakels

Nuusbrief Aansluit