Petrus die voortvarende! Altyd eerste om te praat, eerste om aante val, eerste om  – nee – enigste om op die water uit te loop … maar hy word die een wat Jesus drie keer verloën. Drie keer.

En wat doen hy daarna? Hy sit alles wat Jesus hom geleer het een kant toe en hy word weer ‘n visserman, doen wat hy sy lewe lank gedoen het!! Maar toe ontmoet Jesus hom op die strand. Na Petrus ‘n hele nag probeer het, maar geen vis gevang het nie, kom Jesus en vra hom om die net aan die ander kant uit te gooi en die vis is so baie dat Petrus hulp nodig het om dit in te trek. So asof Jesus vir hom wil sê – as dit is wat jy graag wil doen, vra my – ek kan jou daarmee ook help!

En dan, drie maal, vra Jesus hom of hy Jesus iefhet. Weer drie maal. En daar is soveel mooi goed al gepraat oor hierdie drie maal, maar hier is een gedagte om oor na te dink: Petrus ontken dat hy Jesus ken. Drie maal vra Jesus hom of hy Hom liefhet. Toe die pennie drop, was dit wat Petrus die res van sy lewe gedoen het – hy het voor alle mense bely dat hy Jesus ken en liefhet!

Waar staan ek en jy? Is ek bereid om Jesus voor enige mense , alle mense, vreemdes en bekendes, te bely?

Mat 10:32  Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.

Mat 10:33  Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.

Weet dat jy Jesus liefhet, wanneer jy bereid is om Hom voor mense te bely, maak nie saak wie hulle is nie!

Delf Dieper

Kontak

+27 (0)12 803 3277

+27 (0)12 803 3277

+27 (0)83 292 5663

este@estegeldenhuys.co.za

Ekstra Skakels

Nuusbrief Aansluit