Kruiskyk
Esté getuig: Vandat Kruiskyk tot stand gekom het, weet ek van die kanaal en was ek soms betrokke by mense wat programme verpak vir Kruiskyk. Intussen doen ek wat ek doen by radio en om by televisie betrokke te raak, het nog nooit by my opgekom nie … tot die tweede week in Januarie van 2011!
Clemens Mans het uit die bloute gebel en op sy vrolike trant ingebars met: “My tannie! Ek het hom!”
“Wat het jy Clemens?”
“Tannie se program op Kruiskyk!”
Ek wou weet wat hy in gedagte het met so ‘n program, want ek wil nie herhaal wat ek by Kansel doen nie. “My tannie,” was Clemens se antwoord, “as die kameraman vir jou sê ‘rol’, dan begin jy praat. En as 25 minute om is en hy sê vir jou ‘cut’, dan stop jy”!!
Ja ek het gebid, maar hierdie was een van daardie kere wat ek van die begin af hierdie vrees van die Here in my binneste beleef het – ‘n wéét dat die ding van Vader is, dis Sy guns en Sy manier om my grondgebied te vergroot en hier moet ek katvoet loop want dit is God se goed en ek mag nie daarmee mors nie.
En ek wil nie daarmee mors nie. Daar is een groot stuk dankbaarheid en die begeerte dat ons Vader elke program sal gebruik presies soos Hy voor die grondlegging van die aarde geweet het dat Hy nodig het om dit te gebruik.
Alle eer aan die Almagtige Skepper van alles wat is! Mag Hy self steeds die werk doen deur “padlangs”!
1. | Om Kruiskyk op te vang, het jy ‘n skottel nodig. Gaan na www.kruiskyktv.co.za om die stellings te kry wat jou in staat sal stel om die kanaal op te vang. |
2. | padlangs is die program se naam wat uitgesaai word op ‘n Donderdag aand om 20:00 en wat herhaal word op Vrydagoggende om 06:30 en ook op Woendagaande om 21:30 |
3. | Die aard van die program is lering wat onder ‘n verskeidenheid van onderwerpe aangebied word en sluit ook onderhoude met interessante mense in. |
DVD’s kan bestel word onder produkte |