Joël 2:11 En die HERE verhef sy stem voor sy leërmag uit; want geweldig groot is sy leër, ja, magtig die uitvoerder van sy woord. Want die dag van die HERE is groot en uitermate vreeslik, en wie kan dit verdra?
Joël 2:12 Maar selfs nou nog, spreek die HERE, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag. J
oël 2:13 En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die HERE julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil;
Joël 2:14 wie weet of dit Hom nie weer sal berou nie, sodat Hy ‘n seën sal agterlaat—’n spysoffer en ‘n drankoffer aan die HERE julle God.
Ons het die afgelope tyd soveel woeste goed in ons land bleef … en dan was daar Sondag 2 Desember, die dag waarop Gauteng aan die Almagtige, Allerhoogste, Lewende God (El Elyon, El Chay) toegewy is. Daardie dag het daar soveel dinge deur my gedagtes en my hart gegaan, een van die baie dinge wat my sterk bybly, is die verskil tussen “ons” en “hulle”.
Ek en jy kan nie langer bly bid oor en vir “hulle” en dan politici of ander volkegorepe bedoel nie. Ons is een volk. Een mensegroep voor ons Vader. So lank as wat ons bid dat “hulle” sal verander en “op die regte pad” begin beweeg, sien ons onsself nie een met “hulle” nie. Is dit moontlik dat ons in ons harte meer ontsteld kan raak oor verlore siele vir YHWH se Koninkryk, as oor verlore geld van die belastingbetalers van SA? Hoe diep lê verskille tussen “ons en hulle” steeds in ons harte?
Mag Vader ons genadig wees dat ons elkeen sal binnetoe kyk en sekere maak dat ons geen rassisme huisves nie!! Vader! Genees ons verdeelde harte. Mag ons een hart, U hart vir ons ganse volk, ontvang! Mag ons dan in eenheid met een hart voor U staan … Hoor dan asseblief ons hulpgeroep vir ons land!!