Luister as ons Vader praat

Job 22:22  Receive, I pray you, the law and instruction from His mouth and lay up His words in your heart.

Onthou jy hoe die ou mense gepraat het van “by die een oor in en by die ander oor uit”!

Dit gebeur so maklik. Mens lees die Woord en ‘n uur of wat later kan jy nie meer die detail of selfs die feite van dit wat jy gelees het, lekker onthou nie. Mens luister na kosbare lering en as jy dit die volgende dag wil oorvertel, weet jy dat jy iets daarvan skeef beet het.

Wat is ons probleem?

Ons Vader moes my op ‘n stadium vir leer dat dit vir my belangriker was om die Woord te lees, as wat dit vir my was dat die Woord wat ek lees, my lewe verander. Mens kan gaan sit met die Woord en sommer net lees, of jy kan gaan sit met die begeerte om iets te leer. Vra vrae terwyl jy lees, maak seker dat jy verstaan wat jy lees.

Nog iets wat ‘n groot rol speel daarin of ons die Woord ontvang of nie, is om gewoon te onthou met Wie jy te make het! Hy is die Almagtige, Alwetende en Alomteenwoordige JHWH Elohim.  En Hy het jou lief. Hy dra jou belange op die hart meer as enige mens ooit kan. Hy het elke dag van jou lewe geken voordat een van hulle daar was. Dit is so belangrik om te oefen om te onthou Wie Hy is en dat Hy ons wil leer, onderrig, help … Hy wil ons leer van liefhê en omgee en dien … En Hy wil ons leer van die waarheid van Wie Hy is en wat Sy Koninkryk vir ons beteken.

Verder is dit waardevol om te getuig van dit wat jy gelees en geleer het. Hoe meer jy dit met ander deel, hoe beter lê dit in jou eie hart vas.

En dan onthou ons waarom ons dit alles graag wil reg verstaan:
Psa 119:11  Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.
         (AOV)
Want Vader belowe ook:
Isa 45:3  And I will give you the treasures of darkness and hidden riches of secret places, that you may know that it is I, the Lord, the God of Israel, Who calls you by your name.
         (Amplified Vertaling)

Vader, in die Naam van Jesus, leer my asseblief wat dit van my vra om te begeer om U in U Woord te ontdek. 

Delf Dieper

Kontak

+27 (0)12 803 3277

+27 (0)12 803 3277

+27 (0)83 292 5663

este@estegeldenhuys.co.za

Ekstra Skakels

Nuusbrief Aansluit