OM  DIE  BEDOELINGE  VAN  DIE  ALMAGTIGE  TE  BEVRAAGTEKEN

 

Gebeur dit met jou ook? Mens kyk op en wonder waar kry hierdie en daardie die geld vir so ‘n duur motor. Of is dit ander wie se man of kinders meer voorspoedig is as joune? En jy wil vra “Wanneer is dit weer ‘n slag my beurt?” 

 

Dit is waarskynlik ook wat in Jeremia se kop was toe hy na Jahweh toe gekom het met die woorde van Jeremia 12:1

 Regverdig is U, o HERE, as ek met U sou twis. Tog wil ek oor regsake met U spreek: Waarom is die weg van die goddelose voorspoedig? Waarom lewe hulle rustig, almal wat ontrou bedrywe? 

 

Nou let op dat Jeremia darem begin met  woorde wat verwys na die regvwerdigheid van die Almagtige Jahweh Elohim. Amper asof hy wil veilig speel. Maar dan gebruik hy steeds ‘n baie sterk woord – “twis”. In Engels word dit vertaal met “reason”. Ook in die oorspronklike taal word ook verwys na begrippe soos “toss, grapple, to wrangle” en ook “complain, debate” maar dan weer “rebuke en strive”!

 

Op sy beste is die bedoeling van hierdie “twis” nie baie baie rustig nie!

 

Hoe ver ek en jy sal gaan op hierdie trappe van vergeleiking, is nie die punt van my “reasoning” – en nie “strive”!! nie. 

 

Nee. Daar is een baie diep gedagte wat uit hierdie vers oor my kom daal het. Luister mooi:

Die oomblik wanneer ek en jy kom om te praat met die Here God – Jahweh Elohim – of ons nou uit en uit kom om te aanbid, om te pleit, of om te kom gesels oor wat ook al – elke keer wat ek opkyk in my gees –  moet ek onthou 

 

DAT  GOD  GOED  IS

 

GOD  IS  GOOD  –  ALL  THE  TIME, sê ons mos altyd op Engels. En dit is wat altyd voorop in ons hart moet wees. JA Mens kan met enigiets onder die Son na die Almagtige God ons Vader kom. Ons kan vir Hom vra waarom. So lank ons dit vra met die duidelike en allesoorhersende wete – GOD  IS  GOOD!!!

 

Solank ek weet dat Sy bedoelinge met my waaragtig goed is, “that God ultimately wants to do me good”, dan verander my gesindheid teenoor Hom. 

 

My gesindheid teenoor Jahweh Elohim bepaal my optrede en reaksies. So lank ons nie glo dat Hy goed is nie, sal niks wat Hy is en vir ons doen en gee, vir ons goed genoeg wees nie.

 

“Vader! In alles wat ek dink en doen wil ek onthou dat U GOED IS!!”

Delf Dieper

Kontak

+27 (0)12 803 3277

+27 (0)12 803 3277

+27 (0)83 292 5663

este@estegeldenhuys.co.za

Ekstra Skakels

Nuusbrief Aansluit