Hierdie week se gedagte  van die week is presies dit – net ‘n gedagte.

Ek het verlede week ‘n opwindende man ontmoet. Wat maak hom opwindend? Sy getuienis, sy verhouding met die Almagtige YHWH Elohim. Sy hele lewensverhaal is opwindend. Hoe hy oor God en die lewe dink is opwindend. Hy is die soort mens met wie jy nog en nog wil gesels, want hy kom oor jou soos soet, vars water en soos ‘n bries op ‘n somdersaand. Sy gesels maak die onthou in jou eie hart wakker – en die manier wat hy jou laat onthou, maak jou sommer oor jouself ook opgewonde. Wanneer hy met jou klaar is, kan jy nie wag om die volgende uur te pluk nie – laat staan nog die dag!!

Hierdie man is Myan Subrayan. Hy is ‘n Indiër wat in Natal grootgeword het en wat toe 11 jaar in New Zeeland gebly het, voordat hy permanent na SA teruggekeer het. Dis ‘n groot versoeking om nou dadelik hier sy hele lewensverhaal neer te skryf, maar dis nie waarop my fokus op die oomblik is nie. Gaan loer gerus na sy website op www.hope2overcome.org en bevredig voorlopig jou nuuskierigheid.

Een ding wat Myan genoem het en wat ek graag by jou wil los as ‘n gedagte vir hierdie week, is die ding dat ons so met groot oë vir mekaar kan vertel dat ons God vertrou vir soooo ‘n groot ding. En sommer met die noem van hierdie groot ding, word hierdie groot ding groter en groter elke keer wat ons daarvan praat.

Nou sê Myan: “Nee man, moenie onthou van die groooot ding waarvoor jy God vertrou nie, dink liewer aan die GROOOOT God in Wie jy jou vertroue stel. Onthou dat hierdie God so groot is, dat die groot ding waarvoor jy Hom vertrou, vir Hom eintlik ‘n ou dingetjie is.” Snap dit: Moenie kyk na dit waarvoor jy Vader vertrou nie, maar kyk na ons Vader terwyl jy presies onthou hoe groot en kragtig Hý is, dan kaats Sy grootheid terug en oorskadu dit waarvoor jy Hom vertrou.

Groot verskil. Kom ons oefen dit!

Delf Dieper

Kontak

+27 (0)12 803 3277

+27 (0)12 803 3277

+27 (0)83 292 5663

este@estegeldenhuys.co.za

Ekstra Skakels

Nuusbrief Aansluit