“Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;   want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.                                                                              Mat 6:19 – 21

Daar is skatte en skatte nie waar nie? Daar is die waarvoor ons bereid is om baie hard te werk … omdat ambisie ons beheer, of omdat daar iets is wat ons so graag wil bewys, dat ons werk en woeker om sekere dinge te bekom of te vermag. En dan is daar die heimlike skatte, die wat ons amper nie eers aan onsself wil erken nie. Hierdie soort skatte word baie goed uitgespel in die boek 1 Johannes 2:16 en ek wil dit graag aanhaal uit die Amplified vertaling:

“For all that is in the world – the lust of the flesh [craving for sensual gratification] and the lust of the eyes [greedy longings of the mind] and the pride of life [assurance in one’s own resources or in the stability of earthly things] – these do not come from the Father but are from the world [itself].”                                                                           1 Joh 2:16  Amp

The lust of the flesh … waaroor gaan dit? Die werklike antwoord op hierdie vraag is, dat dit gaan oor die woord NEE. Lank gelede toe ons nog in George gebly het, het ek geluister na ‘n man wat ‘n opvoedkundige is en wat gepraat het oor die dissiplinering van voorskoolse kinders. Hy het gewaarsku dat ouers hul kinders nie mag grootmaak “op die kruin van hulle wellus” nie.

Hy het verder gegaan en verduidelik dat ‘n kind wat nooit nee as ‘n antwoord kry nie, ‘n probleem ontwikkel met wellus. Voorbeeld: ‘n kleuter vra vir ‘n roomys. Mamma sê nee, eers na ete. Kleinding huil en dring aan. Mamma haal ‘n roomys uit die vrieskas en gee dit vir die kleintjie. Die kind kyk daarna en skree – “Nie ‘n pienke nie, ‘n groene!” Mamma sit die pienke terug en haal ‘n groene uit. Kleintjie huil nog en sê “Ek wil dit nie hier eet nie, ek wil dit op die swaai gaan eet” en mamma tel die kleintjie op en gaan uit swaai toe.

‘n Kind wat toegelaat word om gereeld met die aard van die voorbeeld weg te kom, is ‘n kind wat toegelaat word om op die kruin van sy wellus te lewe. So ‘n kind sal waarskynlik later in sy lewe baie meer vatbaar wees vir seksuele probleem-gedrag en ook verslawings. Ons moet ons kinders leer van “NEE” en ons moet almal oefen om vir onsself nee te kan sê. “Lust of the flesh” kan so maklik ons besluite bepaal. Waak daarteen. Dit is in hierdie oefening waar vas ‘n groot hulp is. Wanneer mens vas het jy ‘n selfdissipline en deursettingsvermoë wat jy nie andersinds het nie.

Vas gereeld vir een dag van die week. Of vas van sekere dinge wat vir jou baie belangrik is selfs van musiek of koerantlees. Vas van koffie! Of koek en brood! Maar oefen om oor jou “lus” te heers en terwyl jy dit oefen, soek die aangesig van YHWH Adonai – ons Almagtige Vader.

YHWH sal niemand wegwys wat Sy aangesig in opregtheid soek nie! Dit is in Sy teenwoordig-heid wat ons sterk word in die gees!

Delf Dieper

Kontak

+27 (0)12 803 3277

+27 (0)12 803 3277

+27 (0)83 292 5663

este@estegeldenhuys.co.za

Ekstra Skakels

Nuusbrief Aansluit